Tuisblad
Artikels
Foto Album
Graadwiele
Kontakte
Skakels
Spesialisasies
Spesialisasie Boek
Voorslag
Vrae
Wenke
Wie is Jy?
 
 

V:  Kan ek in Graad 7 aansluit by Die Voortrekkers?
A:  Ja, dit is nooit te laat om te begin nie.

V:  Kan ek inskryf vir Voorslag as ek eers in Graad 7 aangesluit het?
A:  Ja, jy moet net voldoen aan al die vereistes vir Voorslag, maar jy kan net Voorslag Brons ontvang.

V:  As ek in Graad 0 is, wat is ek dan?
A:  Jy is 'n volwaardige Penkop of Drawwertjie.

V:  Wat is ek as ek nog in die kleuterskool is?
A:  Jy is 'n Ontdekker.

 

V:  Wat is 'n Penkop?
A:  Dit is 'n seun wat in die Laerskool is.

 

V:  En 'n Drawwertjie?
A:  Dit is 'n dogterjie in die Laerskool.

 

V:  Mag ek my Dagbreekgraadwiel op my Erkenningsbaadjie dra as ek 'n Verkenner word?
A:  Ja, jy mag hom oordra na jou Verkenner Erkenningsbaadjie.

.

V:  Wat se warmdrag mag ek aantrek as ek my formele Voortrekkerdrag aanhet?
A:  Slegs 'n donkerblou baadjie of trui, geen geskryf op die baadjie of trui nie en geen skoolbaadjies mag gedra word nie.

 

V:  Moet ek die volle kamp bywoon?
A:  Ja, indien 'n aktiwiteit bots met jou Gebied se kamp mag jy 'n ander Gebied se kamp gaan bywoon.

 

V:  Van wanneer af tel die Graad 0 jaar vir Voorslag se diensjare?
A:  Van 2013 se Voorslag af.

 

V:  Wat is 'n Beloftespesialisasie?
A:  Kyk na die PD Belofte, elke Beloftespesialisasie word in die PD Belofte gebruik.  Afrikanerkind, Erfgrond, Godsdiens en Medemens.

 

V:  Mag ek my Graad 1, 2 en 3 se spesialisasies invul op die P1 vorm.
A:  Nee, spesialisasies tel net vanaf Graad 4.