| Fisiek Seuns groei nie meer so vinnig nie, maar meisies
wel. Spierkoördinasie
uitstekend. By sommige meisies is daar reeds ‘n beduidenis van
borste en skaamhare, maar die meeste toon nog nie die
ontwikkeling nie.
| Sosiaal
Bendes en groep aktiwiteite is baie gewild; maar altyd binne die
eie geslag. Die groepe help die kind om gesonde gedragspatrone
aan te leer. Geesdrif is gewoonlik meer as waartoe hulle werklik
in staat is. Wil baie graag vergelyk word met die portuurgroep.
|
 | Geestelik Hy
kan al baie van die heilsgeskiedenis begryp. Helde ook
Bybelhelde, wek sy verwondering. Hy kan in hierdie stadium sterk
gemotiveerword tot Christelike karaktertrekke en dade, veral
deur ‘n onderwyser wat hom goed begryp. Diens aan ander is ook
iets wat hy verstaan, asook die feit dat die kerk van Christus
oor die hele wêreld strek.
| Seksueel
Tussen nege en dirtien jaar raak die kind gereed vir die oorgang
na adolesensie. Seksuele ontwikkeling is nog nie opvallend nie.
Meisies kan begin menstrueer. Soms gesels maats onderlangs oor
geslagsake.
|