Welkom by die
Nasionale Penkop en Drawwertjie webblad, hier sal jy "alles" vind vir
jou PD Loopbaan, vanaf Wenke tot Voorslag inligting! Voel vry om hier
rond te snuffel.
Penkop en Drawwertjie Belofte:
Ek sal oral en altyd probeer om 'n Voortrekker te
wees, om gehoorsaam te wees, om my volk, my land en my medemens te dien
en bo alles die Here lief te hê.
Grondslag
God Drie-enig se
openbaring aan ons deur die Bybel en die Skepping
Wese
Die
Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die Afrikaner, in besonder sy
jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene
suksesvol te wees.
Voortrekkerkode
1. ‘n
Voortrekker glo in die Drie-enige God en dien Hom.
2. ‘n
Voortrekker lei ‘n Christelike lewe.
3. ‘n
Voortrekker aanvaar gesag.
4. ‘n
Voortrekker repsekteer en bevorder die taal en kultuur van die
Afrikaner.
5. ‘n
Voortrekker leer uit die geskiedenis van sy volk en bou die toekoms
daarop.
6. ‘n
Voortrekker waardeer en bewaar sy omgeweing.
7. ‘n
Voortrekker is ‘n goeie landsburger.
8. ‘n
Voortrekker neem leiding.
9. ‘n
Voortrekker is oplettend en weerbaar.
10. ‘n
Voortrekker is diensgerig en diensvaardig.